Akademie

Jou akademiese ervaring word verryk deur: Wetenskap Ekspo's, Wiskunde Olimpiades, Taalbondeksamens en Afrikaanse Olimpiades.

Lees Meer

Landbou

Die skool het ook 'n Bonsmarastoetery, 'n lonende varkboerdery en sy eie perde.

Lees Meer

Sport

Wagpos beskik tans oor 3 rugby velde, twee hokkie, atletiek baan, swembad en twee krieket velde.

Lees Meer

Welkom by Die Hoërskool Wagpos

'n Opwindende Afrikaanse skool op die plaas - waar jy 'n wye keuse het! 

Die Beheerliggaam, personeel en leerders verwelkom u en u kind by voorbaat by DIE HOËRSKOOL WAGPOS. Sedert die skool in 1928 as 'n Landbouvakskool gestig is, het die skool gegroei tot 'n volwaardige akademiese en beroepsgerigte skool.

 Ouers bly opgedateer met die nuutste gebeure! Laai die Schools Communicator vir Wagpos af kliek  HIER

Wagpos Nuus Flits

Afskeidsbriewe

“Net 4 jaar” Wat kan in 4 jaar gebeur? EK het in 2012 by Wagpos begin skool gee en in 4 jaar het ek geleer by my kollegas en mentors hoe om onderwys te sien as meer as ‘n salaris, maar as ‘n bedieningveld. Ek loof en prys die HERE, my ABBA Vader, vir die geleentheid om verhoudings te bou met kollegas, ouers en leerders. Hy het vir my ‘n passie gegee vir onderwys en dit is met hierdie honger en soeke na beter dinge vir ons onderwys, wat ek en my gesin die “boot” verlaat, en nou op water loop na ‘n bestemming wat amper vreesaanjaend is, maar wat beslis ‘n avontuur sal wees! Hierdie woorde van Joshua 24:15 wil ek graag met julle laat: “… kies julle vandag wie om te dien … maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.” My gebed is dat elkeen wat voor die uitdagings en omstandighede staan, dat ons elke keer hierdie keuse sal maak. Dankie vir elkeen se ondersteuning, bemoediging, vriendelikheid asook gebede. Die HERE seën julle om ‘n seën te wees tot ander. Vrede vir julle.  - Martin Botha

WAGPOS was my stap van gehoorsaamheid en dis hoe ek die twee jaar sal onthou. Dankie vir die tydjie hier, dit was ‘n groot voorreg. Hy roep my nou tot ‘n volgende “sending” van gehoorsaamheid! Ek glo Hy doen dieselfde vir die skool, en ek sien uit om die seën daarop te sien. 1 Sam 15:22 “Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter, as die vet van ramme.”  - Corne Botha

Tyd het vlerke en die tyd het aangebreek om myne te sprei: Na 32 jaar groet ek die hoof en ander Wagposters. Ek dank my hemelse Vader dat ek bevoorreg was om deel te kon wees van hierdie unieke skool en personeel wat daarna streef om hul roeping ten volle uit te leef. Ek wens almal ‘n baie geseënde en voorspoedige toekoms toe en vertrou dat Wagpos steeds hoër hoogtes sal bereik, want die skool se leuse, nl. VOLHARD, motiveer elkeen om ‘n sukses van die lewe te maak. Ek gaan julle verseker baie mis. Wagposgroete - Rita Snyman

By Wagpos het ek my voete gevind in die onderwys. Die mense hier sal ek nooit vergeet nie. - Ruletia

Wagpos is op Facebook

Wagpos Videos in aksie

Today 25 Yesterday 65 Week 90 Month 1086 All 31824

Currently are 53 guests and no members online

Epos Besonderhede:

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Algemene Kontak:

Sel: 071 657 2733
Sel: 071 657 2739
Sel: 071 659 6493
Faks: 086 608 2556
Faks: 086 519 3921
Nood nommer: 078 934 1774
 

Kantoor & Skoolure

Kantoorure:

Maandag - Donderdag:  07H30 – 16H00

Vrydag:  07H30 – 13H00

Skooltye:

Maandag - Donderdag:  07H10 – 13H40

Vrydag:  07H10 – 13H00

Koshuis Kontak:

Uitkoms

Elsie Muller 

 

Hierbegin

Maggie Swart 

0716572733 uitbreiding 232