Verwelkomingsnaweek 15 – 17 Januarie 2016

Die 15de Januarie 2016 het ‘n klomp verskrikte kedale en nuwelinge met die hulp van hul Koshuiskomitee en Dienskomitee ingetrek by die onderskeie koshuise by Hoërskool Wagpos.  Min wetende dat dit een van die beste naweke in hul hele skoolloopbaan sou wees.  Die lang afwagting was uiteindelik verby en die vorige jaar se harde werk en beplanning deur die Diens- en Koshuiskomitee en die Voogde mr. F Mouton en me. G Gouws kon nou in werking tree.

Die naweek het afgeskop met ‘n vreemde ysbreker waar die kedale en nuwelinge een van hul skoene moes skenk om te sien in watter groepe hul vir die res van die naweek sou wees.  Die leiers het skoene gekies en siedaar - almal was in groepe.  Van daar af het die leerders aan verskeie aktiwiteite deelgeneem, van speletjies op die rugby veld tot ‘n waatlemoenfees by die Gwarrie-gatte in die skool se wildskamp.  Selfs die reën kon nie die naweek pootjie nie, die leiers het reggestaan met danslesse die aand en ‘n paar brawe kedale het die dansvloer met ywer trotseer.

Saterdag was ‘n baie bedrywige dag waar die kedale en nuwelinge vroeg die oggend gaan draf het en toe later deelgeneem het aan Wagpos se eie Supersport.  Die leerders het hul vaardighede getoon in verskeie sportsoorte soos swem, skyfskiet, hokkie, sagtebal, rugby, krieket en netbal.

Na die besige oggend het die honger en moeë leerders teruggekeer vir ‘n smullende middagete en ook ‘n geleentheid om die koshuismatrones te besoek – uitsluitlik om hul skete room te smeer en toe te plak.  Daarna het die hoogtepunt van die hele naweek aangebreek.

Die “Wagpos doop” is altyd die indrukwekkendste aktiwiteit.  Die leerders vaar in die beesmis van die plaas waar hulle van kroontjie tot toontjie gesmeer word met beesmis.  Daarna gaan hulle in die beeste se drukgang en word vasgehou met die nek klamp, die leiers het dan seker gemaak dat die arme kedale en nuwelinge ordentlik bedek was met die mis.  Na die tyd het die nuwelinge en kedale deur die dripspuit gegaan om hulself af te was.  Die water was deur die bedagsame leiers darem ook gemeng met skuimbad seep.

Die naweek se opwinding het helaas afgesluit met ‘n pragtige erediens wat begelei was deur mr. G van Zyl en ‘n gesellige braai met die ouers.  Die kedale en nuwelinge is nou ware Wagposters en almal het die naweek terdeë geniet.

Epos Besonderhede:

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Algemene Kontak:

Tel: 012 072 2733
Sel: 071 657 2739
Sel: 071 659 6493
Faks: 086 608 2556
Faks: 086 519 3921
Nood nommer: 078 934 1774
 

Kantoor & Skoolure

Kantoorure:

Maandag - Donderdag:  07H30 – 14H00

Vrydag:  07H30 – 14H00

Skooltye:

Maandag - Donderdag:  07H10 – 13H45

Vrydag:  07H10 – 14H00

Koshuis Kontak:

Uitkoms

Mr. J Hinds 

 

Hierbegin

Mr. G Stander