'n Totaal van 437 leerlinge kan gehuisves word in die twee koshuise wat elk uit 'n aantal gange bestaan. In elke gang word senior leerlinge as Dienskomiteelede aangestel en staan onder beheer van 'n diensdoenende onderwyser wat as gangvoog optree.

Uitkoms Koshuis

Hierbegin Koshuis

Bestaan uit Olienhout, Tambotie, Wilger, Karee en Maroela.

Hierdie koshuis verleen hom uitstekend tot diversiteit en huisves ons dogters.

Koshuisvader                   Mnr S. Bouwer

Matrone                     Me E. Muller

Koshuisbestuurder      Mnr. J.R. Smith

Word onderverdeel in drie kleiner eenhede, nl.

Hierbegin, Tussenin en Amperbo en huisves die seuns.

Koshuisvader                               Mnr P. Cronjé

Matrone                              Me M. Swart

Koshuisbestuurder               Mnr J.R Smith

Breekskade Deposito:  Neem asb. kennis dat alle koshuisleerders 'n bedrag van R500 breekskade-deposito moet betaal aan die begin van die jaar.  Sou die leerder die skool verlaat of die jaar voltooi sonder enigebreekskade in die koshuis, sal die volle bedrag terugbetaal word aan die leerder.  Gelde is betaalbaar by die kantoor of via internetbetaaling.  U verwysing BRE007 ( Kind se voorletters en van) stuur die bewys van betaling aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of skakel 086 519 3921.

Slaapkamers

Ons koshuiskamers, Uitkoms en Hier begin , is ingerig om onderskeidelik, 2 00 en 210 leerders te huisves.

Badkamers

Hierbegin spog met nuwe badkamers waar elke individu se privaatheid gerespekteer kan word.

Studeer Geriewe

Uitkoms spog met splinternuwe studiestoele om die vasgestelde studies ye so aangenaam moontlik te maak. Studietye geskiet onder die wakened oog van die diensdoenende personeel om elke leerder ten volle die kans te gun om hul potensiaal te ontgin.

Koshuis Kombuis

Geregte van hoogstaande gehalte word gelyktydig aan so wat 500 leerders bedien.

Uitkoms Dogterskoshuis

In 1993 begin Wagpos om dogters in te neem.  Die koshuis getalle groei van 'n bskeie 12 dogters tot 94 vandag.  Daar is vier gange en ons plaas in elke gang 'n graad.  Gr.8 Olienhout-onder, Gr9 Olienhout Bo, Gr.10 Tambotie Bo, Gr. 11 + 12 Tambotie Onder.  Dissipline speel 'n kern rol in ons sukses en die senior huisvader Mnr, S Bouwer is nou 11 jaar huispa.  Die diens personeel is Me. Gwendy Gouws, Amia Lipawsky, Ilse de Koker en Leandri vd Berg.

Hierdie toegewye en ervare span lei deur voorbeeld en "pratice what you preach".  Elke gang het 'n juffrou as voog en 2 koshuis komitee lede wat omsien na hulle welsyn.  Elke aand voor aandstudie word saam huisgodsdiens gehou en almal woon dit vrywillig by.  Die pragtige helder dogterstemme wat die koshuis vul is iets besonders.  Me. Lipawsky en Van den Berg blaas elke stiltetyd  oggende die ramshorings wat besig is om n pragtige gebruik en tradiesie te word.

Ons het 'n kuier area (slegs vir dogters) met braai geriewe in 'n veilige binnehof waar gange op eie inisiatief kan braai of kuier.  Die kuier area by die eetsaal word gebruik vir kuiertyd saam met seuns op Maandae en Donderdae onder toesig met mooi geriewe soos bankies.  

 

Opwindende gebeure reg deur die jaar!

Die eerste naweek van elke jaar waar ons verwelkomings naweek aangebied word kan dorpsleeringe vir die naweek gratis bly.  Uitstappies na die wildskamp waar elke dogter in die 3de kwartaal 'n geleentheid kry om in 'n gwarrygat te swem en daarna hul eie vuur te maak, vleis te braai en stokbroode te maak in gangverband.  Daarna word 'n groot vuur gemaak en word spook stories vertel.

Koshuis dinee: Eerste week in die vierde kwartaal hou ons 'n formele kohuis dinee, met al die seuns en dogters waar die uitredende hoofleiers van die koshuis hul afskeidsboodskappe gee, matrieks geskenkies ontvang en afskeid van geneem word, 'n trofee word ook oorhandig.  Daar is drie kategorieë:

a. Beste Kedaal trofee (Gr.8)

b. Beste Meisie trofee (Gr.9-11)

c. Beste Dames trofee (Gr. 12)

Daar is bv. deur ou uittredende prefekte 'n ontruiming van koshuis gereël om 12uur die nag en dan word die meisies verras met "Milo" en 'n "Cupcake". 

Sokkies: Sokkies word gehou (1 per kwartaal) vir die hele skool in die koshuis.  Praatjies word gereël vir dogters bv. oor etiket, tafelmaniere ens.  Daar is 'n TV kamer en gange reel soms om 'n fliek te kyk as gang gees bou.

 

Die karakter van koshuis en karakterbou le ons na aan die hart, daar word baie dinge klem gele en moeite gedoen om almal in liefde en harmonie te akkomodeer.  Kamerplaasings word streng beheer en deur dames in oorleg met Snr. Koshuis Vader gedoen, skuiwe word gekontroleerd toegelaat.  Ons sien die koshuis as 'n verlenging van die huisgesin, baie omgee en liefde word gegee en ontvang.  Baie is al gedoen om geboue en geriewe op te gradeer en baie gaan steeds gedoen word.  Elke inset en bydrae word opreg waardeer.  Die nuutste projek onder leiding en inisiatief van ons hoofdogter Elzette Blom was die verfraaing van die ingangs portaal wat pragtig lyk.

Die skep van die nuwe studie saal met nuwe stoele en tafeltjies asook mooi nuwe gordyne is tans in volle gang.  Ons is tans in die proses om'n wapen te ontwerp vir die met die leuse, om ook daar deur trots en samehorigheid te vestig.  Seuns en dogters eet saam in die gemeenskaplike eetsaal en gesonde interaksie tussen seuns en dogters is ook 'n kenmerk.

 

Hierbegin Seunskoshuis

Oorsig van Hierbegin Seunskoshuis:

Hierbegin Seunskoshuis bestaan uit drie koshuis geboue wat om en by 180 seuns huisves.

Die Gr.8 koshuis gebou se naam is Hierbegin, wat baie gepas is omdat dit is waar ons Gr8 seuns wat as Kedale bekend staan hul koshuis reis begin. Dit bestaan uit twee gange; Noord en Suid.  Ons Kedale sal hulle eerste jaar daar vertoef. Saam met hulle in die Hierbegin koshuis gebou woon twee senior leiers.  Hulle gangvoogte is Mnr. Piet Cronje, wat se huis grens aan die koshuis en Mnr. Chris Breytenbach ook woonagtig op die seunskoshuis perseel.

Die tweede koshuis gebou staan bekend as Tussenin. Daar is twee gange vernoem, Tussenin-onder en Tussenin-bo. Die Gr.9’s bly in Tussenin-onder en die Gr.10’s bly in Tussenin-bo. Tussenin-onder se gangvoog is Mnr. Jaco Espag, ʼn oud blou-bul vaskop stut wat seker maak die manne is in orde. Sy huis is met n gang aan die seuns se gang verbind. Tussenin-bo se gangvoog is Mnr. Martin Botha wat baie sorgvuldig na die Gr.10’s omsien. Sy huis is ook met n gang aan die seuns se gang verbind.

Die senior koshuis se naam is Amper-bo en dit is persies wat dit sê, die seuns is nou amper klaar met skool. Dit bestaan ui twee gange, amperbo-onder en Amperbo-bo.  Amperbo-onder huisves die Gr.11’s met hul gangvoog Mnr. Casper van Wyk, wat se huis aan die gang grens. Laaste maar nie die minste, is Amperbo-bo waar ons Gr.12’s hulle laaste jaar deur bring, onder die leiding van Mnr. Jukie Hinds.

 

Daar is n daaglikse roetine wat nodig is om 180 seuns te bestuur.  Die roetine lyk soos volg:

05:30               Opstaan

06:00-06:10     Stilte tyd

06:10-06:20     Kamerinspeksie deur die gangvoogte

06:20               Aantree vir ontbyt

07:05               Koshuis verlaat vir skool aantree

13:45               Aantree vir middag ete

14:30-15:30     Middagstudie / Sport

15:30-17:20     Vrye tyd / Sport

17:30               Aantree vir aand ete

18:30               Aandstudie

20:00               Breek

20:30               2de studie sessie 

21:00               Ligte-uit vir Gr.8 en 9

21:30               Breek

22:00               Ligte-uit Gr.10,11 en 12

 

Studie:

Die Koshuis het ʼn Studiesaal waar die seuns twee studie sessies per dag bywoon. Daar is met elke sessie onderwysertoesig om toe te sien dat daar n ordelike atmosfeer heers om in te studeer. Wanneer ʼn seuns goed presteer kry hy die vooreg om in sy kamer te studeer. Gedurende eksamen tyd word die studie sessies se tye verleng sodat die seuns optemaal kan voorberei vir hulle eksamen.

Studie tye: Middag studie                                   14:30-15:30

                     Aandstudie                                     18:30-20:00

                     Breek                                             20:00-20:30

                     2de sessie (net vir GR10-12)         20:30-21:30

 

Ontspanning:

Die Koshuis terrein beskik oor ʼn ontspannings area met tafeltennis-tafels en ʼn "pool" tafel waar seuns kan ontspan in hulle vrye tyd. Ons bied ook  vir die seuns filmaande in die studiesaal aan.  Daar is geleenthede vir braai-aande waar ons saam kuier en lekker braai. Die seuns en dogters het twee maal ʼn week kuier tyd, na aand ete.

 

Tradisies:

Elke gang beskik oor hulle eie trofeekas wat verskillende trofees trots vertoon. Al drie koshuise het koshuis sport (rugby, krieket en sagtebal) waar hulle gang vir gang, teen mekaar kompeteer. Hierbegin Noord teen suid, Tussenin-onder teen Tussenin-bo en Amperbo-onder teen Amperbo-bo laasgenoemde wat ook bekend staan as ons matriek Res wedstryd.  Dit bou goeie gang-gees onder die seuns, en vorm herinderinge wat die seuns nooit sal vergeet nie. Daar is ook drie toekenings vir ons verskillende gange, vir ons mees volledige leerders, in akademie, deelname en gedrag. Ons het die inisiatief begin om trots te kweek onder ons seuns, en hulle positief te motiveer.     

Wapen (Waardes wat ons na streef)

 

 

Visie:  Om jongmans te vorm en skaaf sodat hulle kan groei en vrug dra as volwasse mans in die samelewing.

Simboliek van die Hierbegin koshuiswapen

Die boom beskik oor tien wortels wat elk ñ lewenswaarde verstalf- lewenswaardes wat in die koshuislewe vasgelê word. Hierdie waardes moet deur die jongmense gelééf word tydens hul tydperk in die koshuis, maar moet ook deur hulle in die samelewing uitgedra word.

Die tien wortels van Hierbegin koshuis

S- Stiptelikheid

K- Konsensieus (Pligsgetrou)

A- Arbeid

A- Akademie

F- Fondasie – Betrokkenheid lei tot goeie fondasie

&

G- God

R- Respek

O- Ordentlikheid

E- Eerlikheid

I- Integriteit

 

Wagpos Kombuis

Epos Besonderhede:

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Algemene Kontak:

Sel: 071 657 2733
Sel: 071 657 2739
Sel: 071 659 6493
Faks: 086 608 2556
Faks: 086 519 3921
Nood nommer: 078 934 1774
 

Kantoor & Skoolure

Kantoorure:

Maandag - Donderdag:  07H30 – 16H00

Vrydag:  07H30 – 13H00

Skooltye:

Maandag - Donderdag:  07H10 – 13H40

Vrydag:  07H10 – 13H00

Koshuis Kontak:

Uitkoms

Elsie Muller 

 

Hierbegin

Maggie Swart 

0716572733 uitbreiding 232