Musiekblyspel

Wagpos bied jaarliks ‘n musiekblyspel aan waar tot 60 leerders die geleentheid kry om op die verhoog hulle talente uitteleef. Toneelspel, sang en dans word gekombineer met ‘n lekker produksie wat op hedendaagse tye van toepassing is.Die produksie word elke jaar nabyu die Oktober vakansie aangebied. Kom kyk gerus.

Woesstraat

Woesstraat is Wagpos se geleentheid waar die kinders op dieselfde trant as die bekende Proesstraat op televisie hulle vinnig dink...toneel talent kan kom uitleef. Lekker lag is aan die orde van die dag.

Talentaand

Wagpos bied jaarliks ‘n talentaand aan waar almal (na hulle gekeur) is deelneem op verskillende gebiede. Sang, toneel, groepe, dromspel, trompetspel, voordrag, ens. ens. is maar van die talente wat die kinders kom ten toon stel.

Boerefees

Ons skool se jaarlikse Boerefees word aan die begin van die derde kwartaal gehou. Ons eie produkte, jeugskou, trekkers, baie lekker kos en ook top kunstenaars is aan die orde van die dag. Kom ry in die trekkerrykompetsie en sien wat gewen kan word. Heerlike vermaak die hele Saterdag.

Koor

Wagpos se koor tree deur die jaar gereeld op by kerke en ander funksies. Ook met saalopening sing die koor gereeld. Ons bied ook jaarliks ‘n koorfees aan waar ander skole se kore genooi word. Elke kind kry kans om sy sangtalent by die skool te kan bevorder.

Mnr en Mej Wagpos

Die spoggeleentheid word die aand voor die Boerefees aangebied in die skoolsaal. Seuns en dogters kry die geleentheid om hulle self bietjie op te tof en dan hulle ding op die loopplank te kom doen. Kom geniet die lekker aand en kom kyk na ons skool se pragtige kinders, waar hulle nog op ‘n natuurlike manier hulle skoonheid en spiere kan wys.

Epos Besonderhede:

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Algemene Kontak:

Sel: 071 657 2733
Sel: 071 657 2739
Sel: 071 659 6493
Faks: 086 608 2556
Faks: 086 519 3921
Nood nommer: 078 934 1774
 
Kantoor & Skoolure

Kantoorure:

Maandag - Donderdag:  07H30 – 16H00

Vrydag:  07H30 – 13H00

Skooltye:

Maandag - Donderdag:  07H10 – 13H40

Vrydag:  07H10 – 13H00

Koshuis Kontak:

Uitkoms

Elsie Muller 

Hierbegin

Maggie Swart 

0716572733 uitbreiding 232