Byeboer Kursus by Wagpos

Die Byeboerkursus word tans aangebied by die skool aan ongeveer 15 leerlinge asook mnr Wayne Theunissen (Plaasvoorman) en Ds Adriaan Swart. Die doel van die kursus is om die basiese  kennis en kundigheid aan die kursusgangers te leer, sodat hulle in staat sal wees om op hulle eie ‘n byeboerdery kan begin.

Daar is tans ‘n wêreldwye tekort aan heuning, wat beteken dat die byeboer altyd ‘n mark sal kry vir sy produk.  Die eerste lesings het gegaan oor die Biologie van die swerm en daar is gewys dat die 3 soorte bye in die swerm die koningin, die hommel en die werkerby is.  Daar is ook gekyk na die lewenssiklus van elk en watter rol speel elkeen in hierdie ongelooflike interessante kolonie. Daarna is die basiese verwerking van heuning gedoen en die uitrusting wat nodig is in die heuningkamer.

Die derde gedeelte het oor die bou van ‘n korf gegaan en elke kursusganger moet bewys lewer dat hulle ‘n korf kan bou, die raampies se draad kan span en die wasvelle kan monteer in die raampie.  Die laaste gedeelte van die kursus sal vroeg volgende jaar voltooi word waar ons gaan veldwerk doen en direk met die bye in kontak gaan kom.

Dit sal behels dat ons ‘n korf gaan oopmaak, rook gee, die raampies uithaal met heuning en ook te kyk of die koningin in ‘n goeie kondisie is.  Ons probeer dit so bekostigbaar moontlik vir die leerlinge maak en probeer om die kleredrag en toerustng vir die leerlinge kosteloos beskikbaar stel.

Epos Besonderhede:

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Algemene Kontak:

Sel: 071 657 2733
Sel: 071 657 2739
Sel: 071 659 6493
Faks: 086 608 2556
Faks: 086 519 3921
Nood nommer: 078 934 1774
 
Kantoor & Skoolure

Kantoorure:

Maandag - Donderdag:  07H30 – 16H00

Vrydag:  07H30 – 13H00

Skooltye:

Maandag - Donderdag:  07H10 – 13H40

Vrydag:  07H10 – 13H00

Koshuis Kontak:

Uitkoms

Elsie Muller 

Hierbegin

Maggie Swart 

0716572733 uitbreiding 232