Watter sportsoort maak voorsiening vir deelnemers van 6 tot 80 jaar?  Dit is natuurlik Landloop.  

Die afstand wat deelnemers tydens ligabyeenkomste aflê, wissel van 1 km (8 jaar en onder) tot 12 km (senior mans).  Die meeste van ons deelnemers hardloop 4 km.  Wat landloop interessant maak, is dat deelnemers nie om 'n rugbyveld hardloop nie, maar die baan strek gewoonlik oor 'n verskeidenheid terreine, deur die ongerepte natuur, oor berge en deur dale.   Die landloopseisoen begin in Maart (wanneer die atletiekseisoen verby is) en eindig in September, wanneer die Suid-Afrikaanse kampioenskap plaasvind.  Leerders kan Noordwes-kleure verwerf (ontvang by die skool 'n balkie) en ontvang erekleure as hulle aan die SA-kampioenskap deelneem.  Ligabyeenkomste is op Saterdae.  

In hierdie sport leer deelnemers om op verskeie vlakke te volhard; die seisoen is lank, vier kilometer kan baie ver wees en soms is dit nodig om jouself net nog bietjie te druk om aan te hou, al is die asem min.  Hierdie is genoeg rede vir ouers om hul kinders aan te moedig om aan landloop deel te neem (en sommer ook self die tekkies aan te trek!). 

Epos Besonderhede:

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Algemene Kontak:

Sel: 071 657 2733
Sel: 071 657 2739
Sel: 071 659 6493
Faks: 086 608 2556
Faks: 086 519 3921
Nood nommer: 078 934 1774
 
Kantoor & Skoolure

Kantoorure:

Maandag - Donderdag:  07H30 – 16H00

Vrydag:  07H30 – 13H00

Skooltye:

Maandag - Donderdag:  07H10 – 13H40

Vrydag:  07H10 – 13H00

Koshuis Kontak:

Uitkoms

Elsie Muller 

Hierbegin

Maggie Swart 

0716572733 uitbreiding 232