SKOOLJAGGEWEER SKIETKOMPETISIE

Organiseerder  Mnr. Daan Neethling


ALGEMEEN:

1. Hierdie kompetisie is inisiatief tussen die skole : Bergsig Akademie en Hoërskool Wagpos.
2. Die doel van die kompetisie om enige leerder van die onderskeie skole die geleentheid te bied om :

a. Wapenhantering aan te leer.
b. Wapenveiligheid aan te leer.
c. Skietbaandissipline aan te leer.
d. Om op die skietbaan te kan kompeteer onder mekaar en steeds sportmangees te openbaar.
e. Om die verhouding tussen ouer en kind te verbeter.
f. Om uiteindelik ‘n veiliger jagomgewing te skep waarin al die bg doelwitte kan lei tot suksesvolle en etiese jag vir alle jagters.

3. Die kompetisie sal geskied op ‘n aangewese Saterdag en op ‘n geregistreerde skietbaan, nl Waterval (Rustenburg) of Rashoop (Brits).

REȄLS VAN DIE KOMPETISE:

1. Die kompetisie sal geskied op ‘n aangewese Saterdag en op ‘n geregistreerde skietbaan, nl Waterval (Rustenburg) of Rashoop (Brits).
2. Die kompetisie behels slegs een kategorie, naamlik Grootgeweer, beter bekend as Jaggeweer. Maw enige senterslag kaliber mag gebruik word.

3. Geen beperking op teleskoopgrootte of looplengte nie.

4. Daar is wel ‘n beperking op die lengte van die geweerband, mag nie langer as 1 meter wees nie.
5. Geen “Bisley” tipe baadjies mag gebruik word nie.
6. Geen “spotting scopes” of vêrkykers mag deur die skuts gebruik word nie.
7. Geen elmboog “padding” mag gebruik word nie, slegs ‘n mat vir die lê houding is toelaatbaar.
8. Alle skuts SAL oor – en oogbeskerming dra tydens die oefening.

9. SLEGS EEN WAPEN MAG GEBRUIK WORD TYDENS DIE KOMPETISIE, OM ALLE AFSTANDE/OEFENINGE TE SKIET.

10. SLEGS GELISENSIEERDE WAPENS MAG GEBRUIK WORD EN DIE SKUTS MOET DEUR DIE OUER (WETTIGE EIENAAR VAN DIE WAPEN) VERGESEL WORD.

11. Die veiligheidsmaatreëls geld op die skietbaan, soos saamgevat in Aanhangsel 1.

12. Staande skietbaan reëls en bevele is vervat in Aanhangsel 2.

13. Tellingprosedures is vervat in Aanhangsel 3.

SKIETTABEL

Die kompetisie bestaan uit 8 oefeninge:

1. Die oefening benodig 10 rondtes (patrone) per aflossing en die tydsbeperking van die totale oefening is 8 minute.
2. Sou ‘n skut op die verkeerde teiken skiet / verkeerde aantal skote skiet : sal die skut gepenaliseer word deur die beste van die skote se telling te verbeur.
3. Na afloop van die 1ste rondte (al die skuts) is enige skut welkom om nog aflossings te skiet, onder leiding van die baanoffisier.

Epos Besonderhede:

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Algemene Kontak:

Sel: 071 657 2733
Sel: 071 657 2739
Sel: 071 659 6493
Faks: 086 608 2556
Faks: 086 519 3921
Nood nommer: 078 934 1774
 

Kantoor & Skoolure

Kantoorure:

Maandag - Donderdag:  07H30 – 16H00

Vrydag:  07H30 – 13H00

Skooltye:

Maandag - Donderdag:  07H10 – 13H40

Vrydag:  07H10 – 13H00

Koshuis Kontak:

Uitkoms

Elsie Muller 

 

Hierbegin

Maggie Swart 

0716572733 uitbreiding 232