Die Hoërskool Wagpos beskik tans oor 3 rugbyvelde, twee hokkievelde, atletiekbaan, ‘n swembad en twee krieketvelde. Die feit dat sport hier in die opelug gespeel word, is vir ons leerders van groot voordeel. Ons leerders kry baie goeie afrigting by die personeel. Die Hoërskool Wagpos neem aan verskeie ligas deel onder andere Super Reeks, Apo, Blou Bul e.a. Wagpossport het nog elke jaar verbeter en word die skool meer en meer kompeterend.
Hier by Die Hoërskool Wagpos bied ons 13 sportkodes aan. Die sportkodes is:
- Atletiek
- Rugby
- Swem
- Krieket
- Netbal
- Hokkie
- Landloop
- Skyfskiet
- Tennis
- Skaak
- Gholf
- Jeugskou