Skooldrag

Seuns Skooldrag

Winter – (Gr 8 – 12):

Groen hemp Olyfgroen kort- of langbroek Grys kouse (met skoolkleurstrepie) Swart toerygskoene Groen skooltrui. Nuwe Wagpos sportbaadjie mag gedra word.

Somer – (Gr 8 – 12):

Groen kortmouhemp Olyfgroen kortbroek Grys kouse (met skoolkleurstrepie) Swart toerygskoene Groen skooltrui. Groen kleurbaadjie. Nuwe Wagpos sportbaadjie mag gedra word

Meisies Skooldrag

Winter – (Gr 8 – 12):

Wit hemp Olyfgroen langbroek of groen romp Swart sykouse Swart skoene (toeryg- of bandjietipe) Groen skooltrui. Groen kleurbaadjie. Nuwe Wagpos sportbaadjie mag gedra word.

Somer – (Gr 8 – 12):

Wit kortmouhemp Groen romp/rompbroekie Wit sokkies Swart skoene (toeryg- of bandjietipe) Groen skooltrui. Groen kleurbaadjie. Nuwe Wagpos sportbaadjie mag gedra word.

Indien hierdie kleredragreëls oortree word, is dit ‘n oortreding van die skoolreëls. Leerders mag onder geen omstandighede rook, drank gebruik, ens. indien hy/sy is in skoolklere geklee is nie. Hierdie reël geld selfs indien ‘n leerder by sy/haar ouers is. Leerders moet te alle tye netjies en ordentlik geklee wees, indien hy/sy skoolklere aanhet. Dit geld veral wanneer leerders in die dorp rondbeweeg, aangesien dit ‘n bepaalde beeld uitstraal. Skooldrag moet ten volle gedra word. Geen ander klere mag saam met skooldrag gedra word nie. Wanneer ‘n leerder in skooldrag geklee is, moet dit te alle tye netjies wees. Geen hemde wat uithang, afgesakte kouse, ens. sal geduld word nie. Sportdrag word duidelik omskryf en met leerders bespreek net voor die seisoen. Die leweransiers dra ook kennis van die toepaslike sportdrag. Daar bestaan drie amptelike leweransiers:

Die SKOOLREëLS VIR ALLE LEERDERS bevat ook die kleredragreëls, wees seker om dit af te laai en na te gaan.

Estetica: Pienaarstraat 97 Brits – Tel: (012) 252 1810
Orange Brand: Harringtonstraat 86 Brits – Tel: (012) 492 5608

Skoolreëls