Die Hoërskool Wagpos beskik tans oor 3 rugbyvelde, twee hokkievelde, atletiekbaan, ‘n swembad en twee krieketvelde. Die feit dat sport hier in die opelug gespeel word, is vir ons leerders van groot voordeel. Ons leerders kry baie goeie afrigting by die personeel. Die Hoërskool Wagpos neem aan verskeie ligas deel onder andere Super Reeks, Apo, Blou Bul e.a. Wagpossport het nog elke jaar verbeter en word die skool meer en meer kompeterend

Hier by Die Hoërskool Wagpos bied ons 13 sportkodes aan. Die sportkodes is:

Atletiek
Rugby
Swem
Krieket
Netbal
Hokkie
Landloop
Skyfskiet
Tennis
Skaak
Gholf
Jeugskou
Sagtebal

Kultuur by Die Hoërskool Wagpos is springlewendig en SUPEROPWINDEND! Ons bied ‘n wye verskeideinheid aktiwiteite aan, wat vir ALLE kultuurvrate die geleentheid bied om hul talente uit te leef. Ons jongste spogbaba is ons staatsteatergehalte revue-item. Ons dans verlede jaar die Kunswedstryd aan die brand en spog met ‘n A++. 90 Redenaars rek bek, 24 vorder tot by die ATKV. Tydens debatte stry en baklei ons vurig oor sake wat belangrik is. By ons Leesfees maak ons stories waar. As jy soos ‘n nagtegaal kan sing, is jou plek reeds bespreek in ons Wagposkoor. Vir ons Musieksentrum se musikante is Unisa-eksamens net ‘n noot ver! Ons voornemende fotograwe se kameras klik by die Fotografieklub.

Of jy nou ‘n Voortrekker of ‘n Agtertrekker is, moenie ‘n AGTERTREKKER wees nie! Waar ‘n rokie trek, brand ‘n vuurtjie. KULTUUR op Wagpos is aan die brand!

Aktiwiteite:

Redenaars – ATKV, RADIKAAL
Debat
Kunswedstryd
Musiekblyspel
Fotografie
Skoolkoerant
Revue
Koor
Boekemaand
Leesfees
Mnr & Mej Wagpos
Tienertoneel
Voortrekkers
Kultuuraand