WAGPOS PLAASSTAL

Hier leer ons leerlinge hoe om vleis te verwerk en te verpak. Een van die praktiese komponente van Landboubestuurspraktyke word ook hier gedoen, naamlik om die leerlinge te leer hoe om biltong te maak.

In die Plaasstal verkoop ons al die produkte wat ons self produseer op die boerdery afdeling, nl. Eetjogurt, Drinkjogurt, Jogurtysies, Biltong en Droëwors, Vars melk asook verskillende verwerkte snitte vleis. Huidiglik verkoop ons ook Cheddarkaas wat gemaak word van ons Frieskudde se melk.

WAGPOS JOGURT

Wagpos is in die bevoorregte posisie om sy eie Jogurtfabriek te bedryf. Hier word melk van ons Frieskudde verwerk na verskillende tipes en geure jogurt en in die Plaasstal verkoop. Die koshuise word ook voorsien van vars melk elke dag.

Die Gr. 12 leerlinge wat Landboubestuurspraktyke as ‘n vak neem woon ook elke jaar ‘n Jogurtmaakkursus by. Hierna is hulle bedrewe jogurtmakers en ontvang hulle ‘n sertifikaat vanaf die skool.